Risk of enforced racial classification and privacy breaches in new bill, warns Free Market Foundation
Scroll down for Afrikaans version.
In its submission to the Department of Home Affairs, the Free Market Foundation (FMF) has condemned the department’s National Identification and Registration Bill as the “thin edge of the wedge” of enforced racial classification.
Without providing for it explicitly, the Bill leaves the door wide open for government-imposed racial categories to replace the current dispensation of (so-called) “voluntary” self-classification, under laws like the Employment Equity Act and Broad-Based Black Economic Empowerment Act.
“This is something South Africa should have left behind in 1991, when the old Population Registration Act was repealed,” says FMF Head of Policy, Martin van Staden. “The 1994 and 1996 interim and current constitutions, which have the status of supreme law, provide that South Africa would be a non-racial state.”
Clause 1 of the Bill defines the concept of “demographic information”, which includes the “race” of a person. The Bill otherwise makes no reference to “demographic information”, creating the impression that the definition – alongside its racial implication – is not legally operationalised.
However, when this definition is considered alongside the wide power bestowed upon the Minister of Home Affairs to develop regulations for the effective implementation of the Bill should it become law, it is clear that the intention is for the Minister, rather than Parliament, to create and impose the new racial population register.
“Nothing would compel the Minister to do so,” adds Van Staden. “But the Bill indicates that there is at least a latent racial intention on the part of government. This is especially pronounced when the Bill is viewed against the background of government’s renewed interest in racial regimentation, with the adoption of laws like the Employment Equity Amendment Act, and newly contemplated water use application regulations.”
“Voluntary” self-classification will in all likelihood be insufficient to satiate this government’s revived drive to racialise commerce and society. A firm legal footing is required for government – rather than employers and people themselves – to assign racial categories to individuals.
It remains to be seen which scientific or biological method the government will ultimately utilise to concretely determine the ethnic or racial category a person supposedly belongs to.
The Bill also poses a threat to South Africans’ right to privacy. It obliges the Department of Home Affairs to develop a comprehensive database including the vital information of every South African and permanent resident.
With the government’s track-record, it is not unreasonable to fear that such a valuable database might at some point be compromised.
The Constitution mandates that South Africa be a non-racial, free, and open society. As a result, the FMF unequivocally condemns any attempt to impose racial categories or to concentrate vital information about South Africans in an insecure environment.
The FMF accordingly advises the department to withdraw the Bill.
READ the FMF’s submission here.
Ends.
***
Risiko van gedwonge rasseklassifikasie en privaatheidskendings in nuwe wetsontwerp, waarsku Vryemarkstigting
Scroll op vir die Engelse weergawe.
In sy voorlegging aan die Departement van Binnelandse Sake het die Vryemarkstigting (FMF) die departement se Wetsontwerp op Nasionale Identifikasie en Registrasie veroordeel as die “dun rand van die wig” van gedwonge rasseklassifikasie.
Sonder om uitdruklik daarvoor voorsiening te maak, laat die Wetsontwerp die deur wawyd oop vir staatsgedwonge rassekategorieë wat die huidige bedeling van (sogenaamde) “vrywillige” selfklassifikasie, onder wette soos die Wet op Gelyke Indiensneming en die Wet op Breedgebaseerde Swart Ekonomiese Bemagtiging, sal vervang.
“Dit is iets wat Suid-Afrika in 1991 moes agterlaat toe die ou Bevolkingsregistrasiewet herroep is,” sê FMF Beleidshoof, Martin van Staden. “Die tussentydse en huidige grondwette van 1994 en 1996, wat die status van opperreg geniet, maak voorsiening dat Suid-Afrika ’n nie-rassige staat sal wees.”
Klousule 1 van die Wetsontwerp definieer die konsep van “demografiese inligting”, wat die “ras” van 'n persoon insluit. Die Wetsontwerp maak andersins geen verwysing na “demografiese inligting” nie, wat die indruk skep dat die definisie – naas die rasse-implikasie daarvan – nie wetlik geoperasionaliseer sal wees nie.
Wanneer hierdie definisie egter in ag geneem word saam met die wye mag wat aan die Minister van Binnelandse Sake verleen word om regulasies te ontwikkel vir die effektiewe implementering van die Wetsontwerp sou dit wet word, is dit duidelik dat die bedoeling is dat die Minister, eerder as die Parlement, die nuwe rassebevolkingsregister op sal lê.
“Niks sal die Minister verplig om dit te doen nie,” voeg Van Staden by. “Maar die wetsontwerp dui daarop dat daar ten minste 'n latente rasse-voorneme aan die kant van die regering is. Dit word veral duidelik wanneer die Wetsontwerp beskou word teen die agtergrond van die regering se hernieude belangstelling in rasse-regimentasie, met die aanvaarding van wette soos die Wysigingswet op Gelyke Indiensneming, en nuut beoogde watergebruik-regulasies.”
“Vrywillige” selfklassifikasie is in alle waarskynlikheid onvoldoende om die regering se herleefde strewe om handel en die samelewing te rasseer te versadig. ’n Stewige regsgrondslag word vereis vir die regering – eerder as werkgewers en mense self – om rassekategorieë aan individue toe te ken.
Watter wetenskaplike of biologiese metodes die regering uiteindelik sal gebruik om konkreet te bepaal tot watter etniese of rassekategorie 'n persoon kwansuis behoort, is onduidelik.
Die wetsontwerp hou ook 'n bedreiging in vir Suid-Afrikaners se reg op privaatheid. Dit verplig die Departement van Binnelandse Sake om 'n omvattende databasis te ontwikkel wat die noodsaaklike inligting van elke Suid-Afrikaanse en permanente inwoner insluit.
Met die regering se rekord, is dit nie onredelik om te vrees dat so 'n waardevolle databasis een of ander tyd in die gedrang kan kom nie.
Die Grondwet bepaal dat Suid-Afrika 'n nie-rassige, vry, en oop samelewing moet wees. Gevolglik veroordeel die FMF onomwonde enige poging om rassekategorieë af te dwing of om lewensbelangrike inligting oor Suid-Afrikaners in 'n onseker omgewing te konsentreer.
Die FMF raai die departement dienooreenkomstig aan om die Wetsontwerp onttrek.
LEES die FMF se voorlegging hier.
Einde.